PAY IT FORWARD

Nou ja, blykbaar het Son dit begin, en Toortsie dit voortgesit: die Pay it forward speletjie. Dit werk so: Son belowe om iets wat sy self gemaak het, te stuur aan die eerste 5 persone wat reageer. Toortsie is die volgende, en nou ek.

Dis soortvan dieĀ  omgekeerde van ‘n kettingbrief, want ek belowe jou, as jy onder die eerste vyf is wat op hierdie skrywe reageer, stuur ek vir jou ‘n klein presentjie wat ek self gemaak het. Sowaar! En weet jy wat, die presentjie is klaar gemaak, en wag net vir jou om te reageer- en natuurlik te laat weet wat jou posadres is! Maar dit kan jy dalk per e-mail na my stuur. So be bold, brave it en wag vir ‘n verrassinkie.Wie weet, dalk hou jy daarvan. En dit natuurlik verniet ook, ne!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

8 Responses to PAY IT FORWARD

  1. Xena Phoenix says:

    Eish, ek is nie te wat wonders met my hande nie. Ek sal dus moet dink hoe ek die pay it forward ding gaan doen.

    Maar hier is ek – Derde.

  2. toortsie says:

    Xena, as ‘n mens ‘n geldjie in jou hand het, is daar altyd iemand anders wat oulik is met hulle hande, wie bly sal wees om jou te sien!!

  3. Pingback: Pay it Forward « Herriemerrie

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s