Dis aand en ek het vir ‘n verandering die laptop. Aha, nou kan ek mos blog!!!
Moenie glo nie, dis reeds amper 9 uur, en ek sit al van 4 uur af hier en lees. Ek lees op oor restourante, die beste kleure, nuwe kleurttrends in binneshuisversiering, die sielkundige effek van kleure op die gemoed, die eetlus, watter kleur pas by watter en sommer in general.
Jy het die warm kleure, rooi, en skakerings daarvan to by oranje en pers, en die koel kleure, bloue en groene wat alles rusig en ver laat lyk, en geel wat vrolik en sonnig is, MAAR sekere vuil gele irriteer jou, sekere blou bloue lyk koud en afsydig, en sekere rooie is te skerp en maak jou aggressief.
Blou, rooi en geel is primêre kleure en elke primêre kleur het ‘n komplementere kleur.Komplimentêre kleure laat mekaar helderder lyk, bv rooi en groen of oranje en blou, geel en pers, wit en swart( nie dat hulle nou juis kleure is nie, maar darem). Twee kleure in ‘n vertrek is goed as hulle teenoorgestelde kante van kleurwiel is, of dalk verskillende skakerings van dieselfde kleur. 3 kleure kies jy so elke derde kleur op die wiel , of so nie kleure wat teenoor mekaar staan soos ‘n Y vorm. Genoeg om my mal te maak.
Ek is bevrees dit help alles niks. Met ‘n beperkte budget is die restourant maroon, soos die vorige ouens hom geverf het en mostertgeel. Ek het goue strepe op die maroon geverf en die oorkantste muur se mostertgeel sommer toegeverf met nog ‘n bietjie maroon wat ek oorgehad het toe ek vir die betaaltoonbank moes laat meng het. Ek het nog so ‘n halwe blikkie oor. Sal ek nog ‘n bietjie mostertgeel toeverf? Ek is half getempteer om dit te doen.
Voor in die voorportaal staan so ‘n lelike kis. Dis sommer hardbord of iets en houtkleursel doen niks om dit mooier te maak nie. Nou se my gevoelte vir my , ek is sommer lus en verf dit turkoois, met sulke goue strepe om die rante – lekker waaghalsig en schocking. En nou weet ek al daar gaan turkoois ( of watter kleur verf ek ookal kies) oorbly en nou wonder ek of ek dit nie kan gebruik op daardie snaakse geel dra muur wat reguit oor teen die plavon gaan, amper soos ‘n moderne arch nie. Dan het ek in die voorportaal donker houtvensters links, met maroonmure weerskante tot so op middellyf hoogte- ek bedoel nou maroon mure met GOUE strepe in, dan die dadorail en mostergeel mure van daar tot by dak, net aan die een kant, want die ander kant het mos vensters. Die ver muur as jy vorentoe kyk, het donkerbruin houtkaste onder en’n soliede maroon muur bo en die vierkantige arch tussen die voorportaal die die ver muur is dan turkoois met goud. O ja, en voor in die voorportaal staan dan mos my fency turkoois en goue kis….. Klink dit dalk soos ‘n kleurnagmerrie of wat?
Om die hoekie in die ou deel van die restourant was weereens die aaklige maroonmure wat ek toe goud op geverf het. Die borriegeelmure bo het ek toe so ‘n jaar gelede sagte creme geverf- en vannaand uitgevind dat dit glad nie bevorderlik vir eetlus is nie. Maar daardie spesifieke vuilgeel het nie vir my gewerk nie. Wat van goud en turkoois? Maar by ‘n bamboesdak? Dis net vir my asof die besadigde creme mure so vervelig lyk…… Daar is in elk geval nie geld om dit oor te doen nie, maar daar is nog bietjie goue verf , ‘n bietjie maroon en moonlik dalk selfs turkoois( of watookal). Wat van maroon en goue rose met turkoois blare so al onder die dak???? HE???? hOEKOM NIE?????
Sê ( let tog asseblief op my kappie-e, ek voel baie trots op hom!!!!) julle my asb!!
Decisions, desisions.
Ag, en dan wil ek net sê, deurmekaar kleure of nie, ons restourantjie het HEERLIKE kos!!! Die mense in die kombuis weet gelukkig wat hulle doen!!! Maar wag, hoe honger word ek nou…
Ek het probeer teruglees, maar kry nie die oorsprong van die restaurant storie nie. Waar is julle?
Ons restourant, Merino Grill, is in All Saintstraat, Bredasdorp. Dit is die pad wat afgaan na die silo’s toe. Ek het in die vorige skrywe( af aarde toe) geskryf dat ek nou eers die restourant moety regkry voor ek kan blog. Ons hetr hom ‘n maand lank toegemaak toe ons in Holland en Duitsland gaan rondvlenter het, maar nou moet ons hom weer aan die gang kry en het die spyskaart biewtjie verander om meer tradisionele SA kos in te sluit( selfs pap en wors, afval ens), en ons moet die dekor binne opgradeer en dan moet ons BEMARK!!! Se dus asb vir jou vriende!
Ek het nou die kleurwiel in die hande gekry en geadd, en weet julle wat? My 3 kleure is in die vorm van ‘n Y!!! So, turkoois gaan dit wees, en mog het troffe!!!
En nou, 2012, is die restourant verkoop. dis nou die Pink Piano, want die dame wat dit gekoop het het alles toegeverf- met pienk, swart en silwer. En dit lyk sooo goed!