Die deurmekaar tale van kleur

Dis aand en ek het vir ‘n verandering die laptop. Aha, nou kan ek mos blog!!!

Moenie glo nie, dis reeds amper 9 uur, en ek sit al van 4 uur af hier en lees. Ek lees op oor restourante, die beste kleure, nuwe kleurttrends in binneshuisversiering, die sielkundige effek van kleure op die gemoed, die eetlus, watter kleur pas by watter en sommer in general.

Die kleurwiel>

Jy het die warm kleure, rooi, en skakerings daarvan to by oranje en pers, en die koel kleure, bloue en groene wat alles rusig en ver laat lyk, en geel wat vrolik en sonnig is, MAAR sekere vuil gele irriteer jou, sekere blou bloue lyk koud en afsydig, en sekere rooie is te skerp en maak jou aggressief.

Primêre kleure  Blou, rooi en geel is primêre kleure  en kan nie gemaak word deur kleure te meng nie. Hulle is die basis kleure en ALLE ander kleure word gemaak deur twee of meer primêre kleure met mekaar te meng, bv: blou en geel maak groen, Blou en rooi maak pers. Rooi en geel maak oranje. Al 3 kleure saam maak bruin ( of jy meng eenvoudig rooi en groen, want groen is mos eintik blou en geel gemeng, né), en in die regte kombinasie maak dit swart.

Sekondere kleure . Die ander kleure op die kleurwiel, groen, oranje en pers, is sekondêre kleure. Elkeen van hulle word gemaak deur 2 primere kleure te meng. ( Rooi-geel=oranje, blou engeel =groen , blou en rooi=pers)

Toe my kinders klein was, het ek vir hulle net die 3 primere kleure verf gegee om mee te verf, en ook wit. Daarmee het hulle sommer vanself ontdek dat blou en geel groen maak, rooi en geel oranje ens. Ek dink hulle het die kleurkombinasie geken nog voor hulle skool toe gegaan het, deur vry patrone te verf en te spat en te kyk wat gebeur.

Komplementêre kleure Elke primêre kleur het ‘n sekondêre kleur wat regoor hom op die kleurwiel staan. Dit is sy komplimentêre kleur. bv Rooi en groen is komplementêre kleure, blou en oranje , en geel en pers. Let op dat die primêre kleure se komplementêre kleure nie primêre kleure is nie bv primêre kleur rooi se komplimentêre kleur is groen, wat ‘n kombinasie van die ander 2 primêre kleure , blou en geel is, dws ‘n sekondere kleur. Geel se komplementêre kleur is pers, ‘n kombinasie van blou en rooi. Blou se komplimentêre kleur is oranje, dws ‘n kombinasie van rooi en geel.

Komplimentêre kleure laat mekaar  helderder lyk, en dit is goed om hulle saam te gebruik. bv rooi en groen  of oranje en blou, geel en pers, wit en swart( nie dat hulle nou juis kleure is nie, maar darem). Twee kleure in ‘n vertrek is goed as hulle teenoorgestelde kante van kleurwiel is( dws mekaar se komplementere kleure), of dalk verskillende skakerings van dieselfde kleur. 3 kleure kies jy so elke derde kleur op die wiel , of so nie kleure wat teenoor mekaar staan soos ‘n Y vorm. Genoeg om my mal te maak.

Skadu’s . Het julle wat verf geweet dat ‘n mens die komplimentêre kleur van ‘n primere kleur gebruik om sy skadu te maak? Veronderstel jy teken ‘n rooi roos. Sommige blaartjies het mos skadu op en is ‘n donkerder rooi. Meng ‘n bietjie groen saam met jou rooi en jy het die perfekte skadukleur! Dit klink ongelooflik, maar dit werk soos ‘n bom!

Warm en koue kleure Rooi, oranje en geel is warm kleure, en bou, pers en groen is koue kleure. Kloue kleure laatt goed “verder weg” yk, en warm kleure laat goed “nader” lyk. Kyk gerus hier om fyner onderskeidings in die verkillende kleure te betudeer.

Ek is bevrees al my kennis help niks. Met ‘n beperkte budget is die restourant maroon, soos die vorige ouens hom geverf het en mostertgeel. Ek het goue strepe op die maroon geverf en die oorkantste muur se mostertgeel sommer toegeverf met nog ‘n bietjie maroon wat ek oorgehad het toe ek vir die betaaltoonbank moes laat meng het.  Ek het nog so ‘n halwe blikkie oor. Sal ek nog ‘n bietjie mostertgeel toeverf?  Ek is half getempteer om dit te doen.

Voor in die voorportaal staan so ‘n lelike kis. Dis sommer hardbord of iets en houtkleursel doen niks om dit mooier te maak nie. Nou se my gevoelte vir my , ek is sommer lus en verf dit turkoois, met sulke goue strepe om die rante – lekker waaghalsig en schocking. En nou weet ek al daar gaan turkoois ( of watter kleur verf ek ookal kies) oorbly en nou wonder ek of ek dit nie kan gebruik op daardie snaakse geel dra muur wat reguit oor teen die plavon gaan, amper soos ‘n moderne arch  nie. Dan het ek in die voorportaal donker houtvensters links, met maroonmure weerskante tot so op middellyf hoogte- ek bedoel nou maroon mure met GOUE strepe in, dan die dadorail en mostergeel mure van daar tot by dak, net aan die een kant, want die ander kant het mos vensters. Die ver muur as jy vorentoe kyk, het donkerbruin houtkaste onder en’n soliede maroon muur bo en  die vierkantige arch tussen die voorportaal die die ver muur is dan turkoois met goud. O ja, en voor in die voorportaal staan dan mos my fency turkoois en goue kis….. Klink dit dalk soos ‘n kleurnagmerrie of wat?

Om die hoekie in die ou deel van die restourant was weereens die aaklige maroonmure wat ek toe goud op geverf het. Die borriegeelmure bo het ek toe so ‘n jaar gelede sagte creme geverf- en vannaand uitgevind dat dit glad nie bevorderlik vir eetlus is nie. Maar daardie spesifieke vuilgeel het nie vir my gewerk nie. Wat van goud en turkoois? Maar by ‘n bamboesdak?  Dis net vir my asof die besadigde creme mure so vervelig lyk…… Daar is in elk geval nie geld om dit oor te doen nie, maar daar is nog bietjie goue verf , ‘n bietjie maroon en moonlik dalk selfs turkoois( of watookal). Wat van maroon en goue rose met turkoois blare so al onder die dak???? HE???? hOEKOM NIE?????

Sê ( let tog asseblief op my kappie-e, ek voel baie trots op hom!!!!)  julle my asb!!

Decisions, desisions.

Ag, en dan wil ek net sê, deurmekaar kleure of nie, ons restourantjie het HEERLIKE kos!!! Die mense in die kombuis weet gelukkig wat hulle doen!!! Maar wag, hoe honger word ek nou…

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

11 Responses to Die deurmekaar tale van kleur

  1. MaanKind sê:

    Ek het probeer teruglees, maar kry nie die oorsprong van die restaurant storie nie. Waar is julle?

    • seegogga sê:

      Ons restourant, Merino Grill, is in All Saintstraat, Bredasdorp. Dit is die pad wat afgaan na die silo’s toe. Ek het in die vorige skrywe( af aarde toe) geskryf dat ek nou eers die restourant moety regkry voor ek kan blog. Ons hetr hom ‘n maand lank toegemaak toe ons in Holland en Duitsland gaan rondvlenter het, maar nou moet ons hom weer aan die gang kry en het die spyskaart biewtjie verander om meer tradisionele SA kos in te sluit( selfs pap en wors, afval ens), en ons moet die dekor binne opgradeer en dan moet ons BEMARK!!! Se dus asb vir jou vriende!

      • seegogga sê:

        Ek het nou die kleurwiel in die hande gekry en geadd, en weet julle wat? My 3 kleure is in die vorm van ‘n Y!!! So, turkoois gaan dit wees, en mog het troffe!!!

  2. seegogga sê:

    En nou, 2012, is die restourant verkoop. dis nou die Pink Piano, want die dame wat dit gekoop het het alles toegeverf- met pienk, swart en silwer. En dit lyk sooo goed!

  3. Terug pieng: Seegogga se verjaardaggeskenk | Seegogga se Bloggie

  4. Terug pieng: Tweede briefie aan ‘n bloggie | Seegogga se Bloggie

  5. Terug pieng: wie sit dit op? | Seegogga se Bloggie

  6. Terug pieng: gediertes met knypers | Seegogga se Bloggie

  7. Hier "blok" Elanè sê:

    Reblogged this on hier "blok" Elanè vd Westhuizen and commented:
    Moet reblog as terugverwysing vir my analitiese self.

  8. Ek weet nie of mens ‘n see-verkleurmannetjie kry nie, maar dit wil vir my voorkom of jy ten tyde van die oorspronklike skrywe so deurmekaar wassoos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboks 🙂

Lewer kommentaar