Vrydagaand by Pelicans en Parrie

Ek sit nou hier op die hawe met my glas wyn en wag vir my perlemoen.

Die lig blink op die water en die bootjies is kleurvol. Die vuur brand gesellig en die geur van gebraaide vis en see is soet in die neusvleuels. Die see se sagte geruis en die gesellige geroesemoes van stemme van ander wat ook die aandlug  hier by die see geniet, maak die aand net nog meer spesiaal.

Dis net jy wat ontbreek!

Groetnis aan jou wat hier lees,

hier vanuit die Pelikaan, hier vanaf my gunsteling sitplek.

My perlemoen is op pad…..

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Seestories. Bookmark the permalink.

6 Responses to Vrydagaand by Pelicans en Parrie

  1. karen says:

    sjoe, lyk dit darem nou vredevol. sou wat wou gee om daar te kon wees!

  2. seegogga says:

    Daar is ‘n vrede hier by die see, wat ‘n mens nie kan beskryf nie. As ek kom huise skoonmaak, kom hou ek altyd so ‘n bietjie vakansie hier voordat ek terug dorp toe.

  3. Charms says:

    Ai hoe verlang ek nou weer see toe.

  4. klippie says:

    Wens ek kon ook daar sit met die geluid van die see in die agtergrond.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s