Soos ‘n krappie op die strand,
trap ek spoortjies in die sand.
Soms sien jy iets, soms niets.
Wie sal raai
hoe die wind gaan waai?
Tans is hier ‘n paar seestories( want ek is mos ‘n seegogga), sekskrappies, taalskulpies, ‘n paar kraters onder die see, ‘n paar los opdrifsels en seestrome van verlange….
Krappie, die wind waai altyd, altyd reg, en herstel sommer die onsinnighede en spelfoute wat ons in die sand skryf…
Ag, wat, dis ook goed so. Life goes on.