Pros’t

Pro’st

Daar’s baie te sê vir gedigte en wyn –gedigte en wyn 001

So na aan ons vreugde so digby ons pyn.

En om saam te drink en saam te lees

vergroot die genot, verminder die vrees.

Ja, daar’s baie te sê vir gedigte en wyn  –

Hoe soet is ons vreugde en hoe diep is ons pyn.

( geskryf Junie 1979 na 6 mnde op Stellenbosch waar my nefies my die wynkultuur geleer het)

Posted in gedigte en rympies (seestrome van verlange), Los opdrifsels | Tagged , , , | 4 Kommentaar

Oor mense wat mal is

Vannaand moes ek ‘n tweede gedig op Facebook plaas in ‘n gedigplaas-uitdaging.  Ek plaas dit sommer ook hier.

My keuse is’n gedig van Adam Small. Hy het destyds by Maskew Miller gewerk en toe hy tydens besoek op Kimberley was, het ek hom gevra om my Afrikaanse matriek en 9’s te kom toespreek oor sy gedigte en veral ook sy boek Oos Wes Tuis Bes Destrik Ses. waaroor ek mal was en was nuut op die rakke was. Di was April 1975. by die Elizaberth Conradieskool vir fisiese gestremde leerlinge. Dit is nou net mooi 40 jaar gelede!

Ek was so opgewonde dat so ‘n beroemde dramaturg en digter bereid was om ons te kom toespreek. Ek het ‘n mooi tafel gedek met allerlei lekker eetgoedjies en die hele personeel ook genooi om te kom luister en na die tyd saam tee te drink en gesellig te verkeer.

Adam Small het baie mooi met die kinders gesels en vir die gehoor van sy gedigte voorgelees en verduidelik. Hy het ook my boek geteken. Toe dit teetyd is , verdwyn al die personeel soos groot spelde en ek en Adam Small bly feitlik alleen agter by die teetafel.

Na die tyd vind ek uit dat die personeel smoorkwaad was omdat ek sowaar vir hom uit ons gewone teekoppies uit laat drink het en nog verwag het dat hulle ook saam moet drink in dieselfde lokaal.

Ek hou so baie van hierdie gedig oor die afbreek van distrik 6. Niemand kon dit mooier gesê het nie..

Proud ou gabouproud ou gabou 001 (913x1280)
pathetic pêllie
stil ou
djy fancy djy staan nog
one-way
djy fancy nog; one day, one day?
‘Is wishful thinking daai
proud ou gabou
pathetic pêllie
quiet ou
djy word gedemolish sê ek vi djou!
Wat was djy?
‘n Cash-store?
‘n Kerk?
Ma daai was once upon a time, pêllie,
once upon a time…
Nou wiet ek nie exactly wát is onse crime
ma ek en djy
is suppose’ om te wiet crime doesn’t pay!
So pêllie,
dis geskryf en gesign en dis ‘n must
djy sil vanish hieso in ‘n cloud of dust!

Hoor djy die perepote van die bullodozers?

Ek sil djou mis…
Nou sak djou kop
Nou briek djou hart
Ko lat ons hyl dan, ma nie te hard nie
oor mense wat mal is, pellie,
soes djy val…
dja, mál, pêllie

En nou is ou Antjie Krog, wat ook so pragtig dig, weer mal.

Posted in die tale wat ons praat, gedigte en rympies (seestrome van verlange), Los opdrifsels | Tagged , , , | 10 Kommentaar

Dis ‘n Nuwe Jaar en ons is deurmekaar

Liewe land, die jaar is amper om en ek het nog niks geskryf nie.
Nie gelukkige Nuwe jaar, nie, nie vakansiestories nie, nie diepe meditasies of lawwe kraterstories nie. Niks.
Pure luigeit!

Ter verskoning wil ek se dat hierdie Nuwe jaar dramaties is. Wow!

Te midde van vol vakansie huise en bondels en bondel en BONDELS wagoed, het my kinders van oorsee af weer terug geimmigreer, en Donderdagaand wat verby is, het my man gehoor dat hy Maandagoggend (vandag) op ‘n ander dorp begin werk.

Alles sou nog goed en wel gewees het, maar toe klik ek mos vannaand oudergewoonte op my stats om te kyk of iemand darem nog die bloggie lees, al het ek so lanklaas geskryf. AG NEE! WAAR IS DIE STATS???? Ek klik en druk en soek en uiteindelik kry ek die nuwe goeters waarvan ek sommer dadelik besluit ek nie hou nie. Hoekom is dit so ‘n gesukkel om daar uit te kom?

Nee-man WordPress! Ek wil ook nie soek na my dashboard nie. Bring terug al daardie opsies as ek op my krappie klik! ( of raak ek nou te oud vir nuwe dinge?)

Hoe voel julle?

Posted in Los opdrifsels | 29 Kommentaar

Wil jy see toe gaan? Nog kans vir ‘n seevakansie!!!

| 3 Kommentaar

I believe I can fly

BEKKIE POSTER 001Nege jaar gelede het ek ‘n voëltjie present gekry: ‘n Blou Indiese ringnek papagaaitjie op presies te wees.

Soos alle jong voëltjies, het Bekkie ook probeer vlieg. Die probleem was dat hy dit nie kon regkry nie, want hy was gebreklik: sy  vlerke was geknip, juis sodat hy NIE  moet kan vlieg nie.

Dink ‘n bietjie aan jou eie mens-kinders. Kap jy hulle been af sodat hulle nie kan hardloop en seerkry nie? Sluit jy hulle in hulle kamer toe sodat hulle nie kan uitgaan en die wereld verken nie, en dalk in die proses verlore raak, doodgaan in motorongelukke of ander tragedies nie?

Ek het die gestremde voël baie jammer gekry. Hy het nie gevra om saam met mense in ‘n huis te woon nie, en die een ding wat ons almal so graag sou wou doen, die een ding wat hy regtig goed sou kon doen en waarvoor hy geskape is, is hom ontneem. Daarom het ek besluit om nooit ooit weer sy vlerke te knip nie.

Bekkie het na die eerste verveer stadium verander in ‘n normale voëltjie- ‘n sterk vlieër wat soos ‘n swaeltjie hoog deur die lug kon klief as hy so voel. Goed-goed, ek het hom maar verkieslik net in die huis laat rondvlieg soos hy wil, maar op gereelde basis het hy soms uitgeglip, gewoonlik as ek ook buite is, en dit dan vreeslik geniet om in die hoogste takke van ons hoë jakarandaboom te sit, oor die dak te vlieg na die boom voor op die sypaadjie, soms oor die straat na die bure se boom en soms oor die rolbalbaan tot aan die  oorkant van die agterste straat. Bekkie is nou nie die slimste ringnek wat ek al gesien het nie- hy het nooit geleer om sy eie hok oop te maak soos ander wat ek ken nie, en hy het nooit Afrikaans bemeester nie, maar hy kon darem wegkruipertjie speel en hy het beslis geweet waar sy huis is.

Bekkie bo in die bure se jakarandaboom

Bekkie bo in die bure se jakarandaboom

In die begin was ek paniekerig en het elke keer die ergste gevrees, maar met die jare het dit duidelik geword dat Bekkie nou al sy omgewing ken, dat hy weet waar sy huis is, en dat hy nie wil wegvlieg nie, maar sommer net ‘n bietjie buite wil wees en ja, bietjie aandag wil he, want as hy weer ingekom het, het hy met opgewonde geselsgeluide vir my vertel van al sy avonture. Een nag het hy selfs buite geslaap omdat ‘n kwaai bui reën geval het net toe hy wou inkom. Die heelnag het dit gestortreen, maar die volgende oggend het hy luidkeels van hom laat hoor, vroeg-vroeg die kombuis ingevlieg en die heeloggend gesit en slaap na al sy ontberinge.

Tot verlede week. Ek moes  Struisbaai tot om huise te gaan skoonmaak, toe meneertjie besluit dat dit tyd is om uit te vlieg. Hy het geskrik vir ‘n swart spreeu in die vyeboom en is om die huis en weg. Ek het geroep, maar toe ek hom nie kry nie, het ek gereël dat iemand in die huis sit sodat al die deure kan oop bly en is gou Struisbaai toe. Dit is ‘n feit dat papagaaie so twee dae lank naby hulle huis bly as hulle dalk uitkom en Bekkie ken die area.

Teruggekom, vertel die meisie my dat hy wel weer ingevlieg het, maar vir haar geskrik het en toe weer by die deur uit is voordat sy die deur kon toemaak. Ek het geroep en gesoek  , maar Bekkie was weg – ‘n hele week lank, en ek het begin glo dat hy dood is – ‘n valk het hom gevang, ‘n kat of dalk  het hy erens vasgevlieg.

Beloning is beloof, met pamflette op elke supermark en kafee muur asook oral op Facebook, maar Bekkie het soos ‘n groot speld verdwyn.

My tuinman benodig die beloning en doen navrae. Hy vind uit dat ‘n vriend van hom by die garage op die hoek gesien het hoe iemand ‘n papagaai vang  op dieselfde dag dat Bekkie weggeraak het.  Die persoon het hom blykbaar uit die boom uit natgespuit todat hy op die grond geval het en toe het hulle ‘n lap of kombers oor hom gegooi om hom te vang.

Hulle gaan wys my die huis, ek bel rond, en daar vind ek  weer my voëltjie (jippiee!)- by die bure agter my, vlerke kort geknip en doodstil van skok. ( hy is nou nog buitengewoon stil – post traumatiese stres?)

Nouja, ek is só bly en dankbaar Bekkie is weer terug! My gebede is verhoor! Ek glo ook hy sou self teruggekom het as hy nie gevang was nie. Ek kan ook nie die mense kwalik neem nie, ek sou ook ‘n papagaai probeer vang het as ek een in my boom kry.

Maar : Waarom het hulle nerens probeer navraag doen wie het ‘n mak papegaaitjie verloor nie??? Het hulle sowaar my nooit hoor roep nie? En waarom wou hulle die hele beloning he en nie ‘n derde afstaan aan die manne wat my gehelp het om hom op te spoor nie? (Die manne het dit beslis baaie meer nodig as hy. Dit kos my nou taamlik dubbeld, want reg is reg.) Ons was immers goeie kennisse en het vroeër jare baie saam gekuier? En as hy nie geweet het my voëltjie is weg nie, waarom het hy die naam”Bekkie” op hom getoets en toe geglo dat hy geen reaksie kry nie? Sowaar?

Meneer, waarom het jy hom natgespuit elke keer as hy sy harde fluite gee? Besef jy nie dat voeltjies soggens moet fluit nie – dis hulle natuur en het jy regtig nie geweet of gedink dat hy eintlik vir my, sy regte baas,  roep nie? Bekkie het my probeer antwoord as ek hom roep, maar jy het hom elke keer verskrik sodat hy nou soggens doodstil in sy boksie wegkruip ipv van om die dag toe te juig. Skaam jou! En waarom het jy dadelik sy vlerke so kort geknip?

Bekkie probeer nog vlieg, want hy hoop nog hy kan, maar land dan ongelukkig op die grond- tussen my 3 katte. Hy sal moet wag tot so April se kant wanneer hy hopelik klaar verveer het om weer te kan doen waarvoor hy geskape is : vlieg!

Posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels | 13 Kommentaar

Ouma se bababoek: Brief 20. Kindgrootmaak met humor

Liewe Kinders

Sjoe ek het lanklaas geskryf. Die tyd ontbreek net.

Ek wil baie graag nog skryf oor die waarde van feeverhale, maar moet nog eers bietjie oplees.

Intussen wil ek ook skryf oor positiewe gesindheid en humor.

Liewe kinders, dit is nie aldag maklik om ouers te wees nie. Kinders kan vreeslike goed aanvang. Soos ‘n vriendin van my wat eendag in die kombuis gekom het, net betyds om te sien hoe die laaste van die dosyn eiers op die vloer stukkend gegooi word. Rondom die gemors het haar tweejarige  tweeling seuntjies met onskuldige oë gesit. Hulle soek die kuikentjie, Mamma , maar hier is dan niks!

Dan is daar my ouma wat troukoeke gebak en versier het. Sy het die koek se pragtige versiersuikerblommetjies waaraan sy ure spandeer het, in ‘n bord naby die voordeur gesit, sodat die koel luggie die blommetjies bietjie droër kan maak. Die bruid sou die middag die koek kom haal. Toe kom my ma se twee klein sussies daarop af en eet al die blommetjies op……My ouma het eers in die kamer gaan lê en huil. Toe het sy opgestaan, vir elkeen hulle straf gegee soos dit hoort, en toe maar haastig weer begin blommetjies maak….

Dit help om te onthou dat kindertjies maar net kindertjies is. Hulle verstaan die wereld nie soos ons nie. Wat ons so maklik as stout afmaak, is hulle manier om die wereld te leer ken en verstaan. Dit help om ‘n bietjie te lag oor al die katastrofes. Behou jou sin vir humor. Die wereld gaan nie sommer vergaan nie!

Hierdie koor het besluit om vir ouers ietsie te gee om oor te glimlag en bietjie ‘the joys of motherhood ‘ te besing.

 

Posted in Los opdrifsels, ouma se bababoek ( ouerleiding) | 12 Kommentaar

Tips vir ‘n seevakansie.

Originally posted on Accommodation:Struisbaai and Agulhas Akkommodasie: Struisbaai en Agulhas:

 Hierdie is my eerste poging vir die kommersiële mark. Dis egter ‘n onderwerp wat my na aan die hat lê en lesers wat ‘n vakansie hier by ons see beplan, kan gerus lees wat ek hier kwytgeraak het!

Enjoy your summer holiday!

<img src="summer holiday.jpg" alt="Summer holiday" width="300" height="200">

Happy Summer Holiday!

“We’re going where the sun shines brightly, we’re going where the sea is blue……” It is time for the great migration – to the seaside. Yes, it is almost time for the summer holidays!

Summer Holiday Tips

Here are a few tips and secrets you need to know to help you enjoy your seaside summer holiday:

Travel lightly

This valuable lesson I learned when the airways lost my luggage years ago and I had to spend…

View original 837 more words

| Tagged , , , , , | 6 Kommentaar