ek kry ‘n present!

Vanoggend is daar mos toe ‘n klop aan die deur. Dis Toortsie, maar ook nie Toortsie nie, Nee, sy is vanoggend die posbode. En raai net wat! Ek kry ‘n pakkie- ‘n pay it forward pakkie! Vars rose, ‘n teksversie, ‘n vetplantjie in ‘n mooi blikkie, EN ‘n houer heerlike beskuit. WOW! Dit alles as deel van die” pay it forward”  speletjie!

Sjoe, dankie Toortsie! Wat ‘n lekker verrassing ( die woord laat my nou aan iets dink- vertel netnou). In elk geval, ek neem deel aan die Pay it forward speletjie, en beloof ‘n handgemaake presentjie aan die eerste 5 wat reageer- en ek sien daar is nog net een, dus moet julle bietjie opskud! My presentjie gaan nie so fabelagtig wees soos Toortsie s’n nie, maar ek dink darem dit gaan iets wees wat julle nie verwag het nie. Soek jy dus ‘n verrassing? Regeer op die skrywe! Waar is jy, Olga, Alleman, Herriemerrie, Netjane BB , Dion, Schalkskryf en al julle ander? Net die eerste 5 kry dus is daar nog 4 plekke oor….

Verrassingsgrappie: Ons het ‘n restourant en het die plaaslike drukpers gevra om vir ons ‘n advertensie in die koerant te sit vir moedersdagete. Dit kom toe so in die koerant:

“Heerlike moedersdagete met hope verassings!”

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

8 Responses to ek kry ‘n present!

  1. BB sê:

    Waaahhhahahaha!!! verassings nogal… Daai woordjie is al by die mees onvanpaste geleenthede verkeerd gespel! Die beste was die massaverassingsdiens wat ons kerk een Kersfees vir minderbevoorregtes aangebied het – waarby daar dan geskenke as verrassing uitgedeel sou word. :mrgreen:

  2. seegogga sê:

    Hallo BB!Ha-ha, janee, nou moet ek lag! Jy is op my lys vir pay it forward, stuur asb jou posadres!

  3. toortsie sê:

    Ja, my eerste geskenke is afgehandel. Die ander s’n moet nog gebeur! maar hou net moed, dit kom. Want met die pos stuur jy ander goed as met die hand…

  4. Flip, verbrand julle die kos of kliente?

  5. Terug pieng: Alles wat julle nog altyd wou weet « OLGA SE OKSELTJIES

  6. Olga sê:

    Jy is fluks toortsie. Sukkel jy ook om takers te kry Krappie? Ek moes maar uitval met vier.

Lewer kommentaar