Valentynspeletjie

Dis  een van die dae Valentynsdag en wie van ons is nog nie aangeraak deur die liefde nie? Miskien is jou geliefde by jou, miskien ver.

Maar as jy vir iemand lief is, wil jy dit graag vir hom se. Wat van ‘n liefdesbrief? Van alle soorte briewe, is dit seker die mooiste briewe, want wat is dan nou mooier as die liefde?

Kom ons skryf elkeen ‘n liefdesbrief. Dit kan ‘n werklike brief wees of denkbeeldig. Jy kan so oud wees as wat jy wil in jou brief, of dit kan dalk glad nie jou brief wees nie, maar ‘n liefdesbrief tussen twee vreemdes, denkeeldig of regtig. Dit kan komies wees of romanties, of selfs prakties. Hoe lyk dit: wil julle saamspeel, Toortsie, Xena en  Shalkskryf? En asseblief tog ook Olga.

Hier is myne: Denkbeeldige brief van  Cinderella aan haar prins

My liefste Charming

 Ek sit hier op die balkonnetjie en skryf. Dis nog vroeg. Die son maak spikkeltjies deur die bome en my voeltjiemaatjies sing vrolike oggendliedjies. Die muisies sit ook hier op die muurtjie in die sonnetjie.

Jy is vir my so ekstra dierbaar vandag, ek wens so jy was al terug van die jag af. Ek verlang regtig baie na jou. Ek het jou baie lief.

Watter ongelooflike jaar was dit nie – die bal in die paleis en ons wonderlike troue. Dankie dat jy so hard na my gesoek het.  Ek eis as ek dink hoe amper ons mekaar verloor het. Ek het nooit kon droom dat ek soveel geluk sou ervaar nie.  Soms is alles vir my nog so onwerklik. Ek het jou baie lief.

Geniet jou jagtog, my liewe man, ek hoop en glo dat my fee- peetma jou sal beskerm en veilig sal terugbring. Ai, ek wens daardie wit perd wil sommer nou daar deur die bome aangallop kom!

Ek het jou baie, baie lief.

Aspoestertjie

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat. Bookmark the permalink.

14 Responses to Valentynspeletjie

  1. Olga sê:

    Go Gogga. Jy leer ons van briewe skryf. 😉

  2. toortsie sê:

    Seegogga! Dit was juis sulke tipe briewe wat my as kind laat besef het ek kan nie skryf nie. Ek moes ‘n afsê brief skryf en het nog nooit eers ‘n kerel gehad nie. en dan moet dit 150 woorde of iets wees. Toe skryf ek my brief. En ou Bugs dink dis ‘n grap en lees dit vir die hele klas voor, met opmerkings en al!!
    Maar ek sal vir julle die briefie plaas wat ek net verlede week vir my man gestuur het…

  3. Terug pieng: Brief aan my man | Toortsie se Blog

  4. toortsie sê:

    gedoen. beslis nie so mooi soos joune nie, maar wel… 🙂

  5. Terug pieng: Liefdesbrief | Toortsie se Blog

  6. toortsie sê:

    NEE WAT! Ek het nooit geweet wat om te skryf nie. Een keer moes ons oor iets skryf ten ek kon glad nie dink nie. Toe vra ek vir Maretta Bellingan waaroor ek moet skryf. Sy gee toe baie duidelik ‘n goeie voorstel, ek skryf my opstel en mnr van Zyl het dit nogals voorgelees. Die volgende week vra ek toe weer vir Maretta maar sy was slimmer as dit! Dit was nie ‘n goeie voorstel nie, en ek, stupid wat ek is, skryf toe wel oor die onderwerp, en kry toe ras by dieselfde mnr van Zyl. maar my opstelle was nie van die soort wat voorgelees was nie!! maar ek is regtig benoud oor die skrywery! Sal wel probeer… wag net so ‘n bietjie

  7. toortsie sê:

    Uiteindelik!! Gaan kyk maar

  8. Terug pieng: Liefdesbrief | Toortsie se Blog

  9. Terug pieng: Liefdesbriewe « Herriemerrie

  10. Terug pieng: Die liefdesbrief « Kouevuur

Lewer kommentaar