Pros’t

Pro’st


gedigte en wyn 001

Daar’s baie te sê vir gedigte en wyn-

So na aan ons vreugde so digby ons pyn.

En om saam te drink en saam te lees

vergroot die genot, verminder die vrees.

Ja, daar’s baie te sê vir gedigte en wyn  –

Hoe soet is ons vreugde en hoe diep is ons pyn.

( geskryf Junie 1979 na 6 mnde op Stellenbosch waar my nefies my die wynkultuur geleer het)

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in gedigte en rympies (seestrome van verlange), Los opdrifsels and tagged , , , . Bookmark the permalink.

12 Responses to Pros’t

  1. Mooi gedig! Ek het ook een oor wyn gepleeg. Ek plak dit hieronder: net vier reels. Nogal daarvoor ‘n kas wyn van Boschendal gekry. Die gedagte met die kompetisie was dat dit op die etiket van ‘n bottel gedruk sou word. Die naaste wat ek aan publikasie sou kom.

    Wynkwatryn

    die vlek van rooi
    langes my glas
    sal weer môre gebleik word
    weer later gewas

    Seespinnekop

  2. Terug pieng: Resepteboek vir Banting Boerekos | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  3. Olga sê:

    Dan is dit nog ware woorde ook.

  4. Terug pieng: Die dinge begin gebeur met die Banting Boerekosboek | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  5. Seegogga, kyk na storiewerf.co.za. Dis ‘n webblad so in jou kraal. Jy moet van jou kinderstories daar vertel.

Lewer kommentaar